Plasings

Wys tans plasings met die etiket #palmboom #Psalms #dagstukkie #meditasie #Bybel #Outestament

SOOS 'N PALMBOOM

Prent
  SOOS ‘N PALMBOOM Teks: Psalm 52 In die moderne wêreld gee die rykes en welvarendes die botoon aan. Hulle het die geld, mag en invloed en loop oor van selfvoldaanheid, verwaandheid en oormoed. Geld en besit is hulle god en sekuriteit. Hulle gebruik elke slenter in die boek om hulself te verryk en miljoene betaal die prys.  Baie rykes dink die hele wêreld behoort aan hulle en hulle is in beheer. God bestaan nie vir hulle nie. Die psalmdigter was waarskynlik die slagoffer van so ‘n ryk, invloedryke persoon. Hy huiwer nie om hom te ontbloot en te beskuldig nie: Jy wat jou groot hou, jy spog verniet oor jou slegte dade! .... jy wil ander se ondergang bewerk, met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog. Jy het die kwaad liewer as die goeie, en die leuen liewer as die waarheid (3-5). Sy troos lê daarin dat God in beheer is. Hy sal sy saak behartig en die goddelose met Sy oordeel tref: God sal jou vir altyd vernietig. Hy sal jou uitruk en wegsleep uit jou woonplek, Hy sal jou wegruk uit ...