Plasings

Wys tans plasings met die etiket #Hoop #Opstanding #Heroriënteer

DIE OPSTANDING BRING NUWE HOOP EN VERWAGTING

Prent
Teks: Lukas 24:1-12 Ons beland soms in situasies waarin ons nie mooi kan onderskei wat aangaan nie. Dit is vreemd, verwarrend en vreesaanjaend. Ons voel magteloos. Die vrouens wat Jesus se lyk wou gaan “balsem” was in so ‘n situasie. Die graf was leeg en die lyk weg. Onbegryplik. Onverstaanbaar: “ Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie ” (4). Die twee engele se “reg help” het hulle meer verwar: “ Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek ” (6). Kan nie wees nie. Dooies staan nie weer op nie. Toe vra die engele hulle: “ Waarom soek julle die Lewende by die dooies? ”(5).  Met die vraag heroriënteer hulle die vrouens en vir ons. Sit ‘n ander bril op. Kyk weer. Dink weer…..wat het Jesus voor sy dood vir julle gesê? Hy het mos vir julle die pad verduidelik: “… gekruisig word, en op die derde dag opstaan ..” (7). Julle het sedert Vrydag ‘n brug tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament oorgesteek. Die bedeling van die sondeval en dood is verby. Die dood is nek omgedraai...