Plasings

Wys tans plasings met die etiket liefde

GRENSLOSE LIEFDE

Prent
  Psalm136 Behalwe dat menslike liefde in ‘n moderne, materialistiese samelewing beperk is tot tyd, ruimte en plek is dit ook gemeng met selfsug en self gerigtheid. I Korintiërs 13 wys al die donker vlekke van liefdeloosheid uit. Liefde kan ook saamgaan met soveel verkeerde motiewe en dekmantels. Die koek vir die buurvrou kan na welwillendheid lyk, maar eintlik is dit ‘n gespog met jou bak vermoë. Die stomende jeug liefde gaan nie oor die “geliefde” nie, maar eie wellus. Die digter van Ps. 136 besing die liefde van God. ‘n Liefde wat in skrille kontras met die van die mens staan. Die refrein, “ Aan Sy liefde is daar geen einde nie ”, wat waarskynlik deur die gemeente gesing is, word 26 maal herhaal. God se liefde is grensloos en strek oor al vyf kontinente. Dit is eindeloos en nie gebonde aan ruimte en tyd nie. Sy liefde omvat alle horisonne sover as die ooste en weste, die noorde en suide, maar ook alle volke en nasies. God se verlossingsplan sluit immers geen mens uit nie. Hy...