
BROOD UIT DIE HEMEL TEKS: JOHANNES 6:22-40 Wat is lekkerder as vars brood uit die oond? Sonder brood (kos) kan geen mens leef nie. Daarvoor moet hy hard gewerk. Niemand anders sal vir hom sorg nie! Tydens die uittog uit Egipte het die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn getrek. Hulle moes brood (kos) hê om te oorleef. Anders as in Egipte, was hulle totaal en al van God se sorg afhanklik, want daar was geen bakhuise, KFC’s, Spars en Pick-and-Pay’s nie. Getrou aan Sy verbond het Go...