Plasings

Wys tans plasings met die etiket #psalms #psalmboek #meditasie #dagstukkie #Ou Testament #Bybel
Prent
              DIE REGTER VAN ALLE REGTERS                TEKS: PSALM 50 Regters bepaal of 'n beskuldigde skuldig is en moet ‘n regverdige straf oplê, in geval van skuldigbevinding. Om dit te kan doen het hy altyd al die getuies en aanklagte  voor hom. Op grond daarvan maak hy ‘n beslissing. Aardse regters maak wel foute en daar is altyd ‘n kans dat ‘n skuldige nie skuldig bevind word nie. In Psalm 50 is God as Regter aan die woord. Hy het ‘n regsaak teen sy volk. Hulle probeer hom bluf met ‘n uiterlike vorm godsdiens van offer op offer in die tempel, maar hulle lewe is nie in lyn met wat offers en die ritueel nie. Dag na dag verbreek hulle die  verbond. In hulle verwaandheid dink hulle hulle kan God met ‘n valse en oneerlik godsdiens bluf. Hulle kan nie. Geen mens kan, want Hy sien deur ons. Hy ken elke gedagte en elke woord wat ons uiter. Niks ontsnap die Regter se oog nie...