DIE REGTER VAN ALLE REGTERS

               TEKS: PSALM 50

Regters bepaal of 'n beskuldigde skuldig is en moet ‘n regverdige straf oplê, in geval van skuldigbevinding. Om dit te kan doen het hy altyd al die getuies en aanklagte  voor hom. Op grond daarvan maak hy ‘n beslissing. Aardse regters maak wel foute en daar is altyd ‘n kans dat ‘n skuldige nie skuldig bevind word nie.
In Psalm 50 is God as Regter aan die woord. Hy het ‘n regsaak teen sy volk. Hulle probeer hom bluf met ‘n uiterlike vorm godsdiens van offer op offer in die tempel, maar hulle lewe is nie in lyn met wat offers en die ritueel nie. Dag na dag verbreek hulle die  verbond. In hulle verwaandheid dink hulle hulle kan God met ‘n valse en oneerlik godsdiens bluf. Hulle kan nie. Geen mens kan, want Hy sien deur ons. Hy ken elke gedagte en elke woord wat ons uiter. Niks ontsnap die Regter se oog nie. Hy weet wie is net Sondag christene. Gelowiges kan Sondag na Sondag in die erediens sit, elke dag Bybel lees en bid, terwyl dit net lippediens  is. Net bluf. Geen egtheid.  

Op die oordeelsdag sal die Regter oor alle  lewendes en dooies oordeel. Ons hele lewe sal oop en bloot voor Hom wees, elke woord, elke daad. Genadiglik is die Regter ook Middelaar. Die Een wat ter dood veroordeel is, sodat ons vrygespreek kan word en lewe. Ons, as die terdoodveroordeeldes, kan ons nou nog op Hom beroep. By Hom is daar genade en vergifnis.                     


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID