GEESTELIKE BLINDHEID

 



GEESTELIKE BLINDHEID

TEKS: JOHANNES 9

Fisiese blindheid is erg. Geestelike blindheid ‘n ramp. Jy is soos ‘n dorstige in die woestyn vyf tree van die oase, maar jy weet dit nie!

Die Fariseërs in Joh. 9 was so blind dat hulle net hulle reëlboek (Wet v Moses) gesien het. Nie die man in nood of vir Jesus nie. Van barmhartigheid, waarvoor geestelikes en die kerk bekend moet wees, was daar nie sprake nie. Hulle het Jesus selfs as ‘n sondaar en bedreiging vir hul gesag beskou!

Dit is nogal ‘n kwade dag as die geestelikes en die kerk, wat die stad op ‘n berg moet wees, self nie die lig het nie. Die kerk het ‘n donker geskiedenis van geestelike blindheid wat sy geloofwaardigheid en impak steeds erg knou. Dink maar net aan die periode 1948-1994 in SA. Die kerk was tjoepstil, terwyl miljoene se menswaardigheid vertrap is. Met blindheid geslaan deur nasionalisme en die apartheidsideologie. Die Pouslike land grab dekreet van die 12de eeue het Rooms Katolieke lande se hande met bloed bevlek in die naam van Christus. Sowat 90% van Suid-Amerika se inheemse bevolking is uitgewis! Afrika het ook sy koloniale bloedspoor. 

Samevattend sê Jesus: “Ek het na hierdie wêreld toe gekom met die oog op 'n beslissing, sodat dié wat nie sien nie, kan sien, en dié wat sien, kan blind word.” (39) Die Fariseërs het geantwoord: Ons is mos nie blind nie! (40). Diegene wat geestelik kan sien, sal God en die mens in nood sien. Ontferming en barmhartigheid sal geskied.



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING