DIE OORSTEEK VAN GRENSE MAAK 'N VERSKIL (JOH. 4)

DIE OORSTEEK VAN GRENSE MAAK ‘N VERSKIL (Joh. 4:1-26) Sonder vrouens kan geen samelewing funksioneer nie. Ongelukkig speel die vrou in baie samelewings steeds tweede viool. Ons land, met sy oorwegend swart bevolking, is geen uit uitsondering nie. Die lengte en breedte van Suid-Afrika is besaai met stukkende, vernederde, verstote, gebruikte, geskeide, vernielde en verwaarloosde vrouens. In Samaria het daar ook 'n vertrapte vrou gewoon. Sy was al drie maal getroud. Drie maal is sy die deur gewys en vir die wolwe gegooi. Die maksimum wat 'n vrou kon trou. Vrouens is nie in die ekonomiese sektor toegelaat en was afhanklik van die guns van 'n ontfermings engel. Sy het waarskynlik saam met 'n tweede man gewoon, wat haar net misbruik het. Haar menswaardigheid is vertrap. Jesus het die grens oorgesteek en kortpad deur Samaria gevat. 'n Pad wat geen Jood gebruik het nie vanweë hulle haat vir die Samaritane, wat 'n mix breed was. By die put steek die moeë en dorstig...