Plasings

Wys tans plasings met die etiket droogte

DIE TROUE EN ALMAGTIGE SKEPPERGOD

Prent
                                          DIE TROUE EN ALMAGTIGE SKEPPERGOD Droogte, onvrugbaarheid en swak oeste is oor die eeue dikwels met die afwesigheid en onttrekking van die gode geassosieer. Veral in die heiden godsdienste van die Ou Nabye Ooste. Die Baäl aanbidders het droogte en onvrugbaarheid as die afwesigheid van Baäl beleef. Dié heidense “geloof” moes groot impak op die ballinge in Babel se wankelende geloof gehad het. Hierdie “geloof” en oortuiging bestaan steeds in sekere landboukringe. Droogte en onvrugbaarheid word deur baie gelowige boere as ‘n teken van God se afwesigheid en onbetrokkenheid beleef. ‘n Aanduiding dat Hy nie meer in beheer van die skepping en natuur is nie. Die kosmiese beelde in Jesaja 41:17-21 is ‘n troos dat God honderd present in beheer van sy skepping is. Hy laat nooit die werke van sy hande vaar nie. Hy omskep kaal berg...