BROOD UIT DIE HEMEL

TEKS: JOHANNES 6:22-40

Wat is lekkerder as vars brood uit die oond? Sonder brood (kos) kan geen mens leef nie. Daarvoor moet hy hard gewerk. Niemand anders sal vir hom sorg nie!

Tydens die uittog uit Egipte het die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn getrek. Hulle moes brood (kos) hê om te oorleef. Anders as in Egipte, was hulle totaal en al van God se sorg afhanklik, want daar was geen bakhuise, KFC’s, Spars en Pick-and-Pay’s nie. Getrou aan Sy verbond het God die menigte vir 40 jaar elke dag met manna en kwartels gevoed. Die poorte na die hemel en ewigheid was egter steeds toe, want hulle was sterflik en verganklik.

In Jesus Christus het God egter die sterflikheid en verganklikheid van die mens ondervang. Hy het sy Seun na hierdie wêreld gestuur, want Hy wil nie hê dat een enkele mens wat aan Hom en My behoort, iets oorkom nie (39). Jesus is die Brood van die lewe. Die Een wat ewige lewe vir die mens gee. Lewe in oorvloed (Joh. 10:10). Daarom het Hy gesê: As iemand na My toe kom en vat wat Ek hom gee, sal hy geestelik heeltemal versadig word. As hy My vertrou, sal hy nooit weer geestelik dors kry nie (35).

Deur Jesus as die hemelse brood te gee, het God die poorte na die ewigheid vir ‘n verlore mensdom oopgestoot. Dié poorte bly egter toe vir die mens wat reken dat hy net van brood – dit wat die aarde bied – kan leef. 

#meditasieblog #afrikaansmeditasieblog #afrikaansblog #Afrikaansemeditasie #Afrikaansinspirasie #afrikaansgeloof #afrikaansbewustheid #afrikaansinnerlikevreugde #afrikaansselfontwikkeling #afrikaansgeesverryking

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID