GRENSLOSE LIEFDE
Psalm136
Behalwe dat menslike liefde in ‘n moderne, materialistiese samelewing
beperk is tot tyd, ruimte en plek is dit ook gemeng met selfsug en self gerigtheid.
I Korintiërs 13 wys al die donker vlekke van liefdeloosheid uit. Liefde kan ook
saamgaan met soveel verkeerde motiewe en dekmantels. Die koek vir die buurvrou
kan na welwillendheid lyk, maar eintlik is dit ‘n gespog met jou bak vermoë.
Die stomende jeug liefde gaan nie oor die “geliefde” nie, maar eie wellus.
Die digter van Ps. 136 besing die liefde van God. ‘n Liefde wat in skrille
kontras met die van die mens staan. Die refrein, “Aan
Sy liefde is daar geen einde nie”, wat waarskynlik deur die gemeente
gesing is, word 26 maal herhaal. God se liefde is grensloos en strek oor al vyf
kontinente. Dit is eindeloos en nie gebonde aan ruimte en tyd nie. Sy liefde
omvat alle horisonne sover as die ooste en weste, die noorde en suide, maar ook
alle volke en nasies. God se verlossingsplan sluit immers geen mens uit nie. Hy
het die aarde as ruimte (blyplek) aan die mens gegee om te bewoon, bewerk en te
bestaan. Hy hou ook die ligte (son, maan) aan waarsonder daar geen lewe kan
wees nie. Hy gee alle lewe en hou dit in stand om mens en dier te voed.
Aan ‘n kruishout het Hy tasbaar en sigbaar sy liefde vir die mens getoon. In
die Gekruisigde het God sy hart vol liefde kom wys en verlossing aan ‘n verlore
mensdom geskenk.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking