DIE OPSTANDING BRING NUWE HOOP EN VERWAGTING
Teks: Lukas 24:1-12
Ons beland soms in situasies waarin ons nie mooi kan onderskei wat aangaan
nie. Dit is vreemd, verwarrend en vreesaanjaend. Ons voel magteloos. Die
vrouens wat Jesus se lyk wou gaan “balsem” was in so ‘n situasie. Die graf was
leeg en die lyk weg. Onbegryplik. Onverstaanbaar: “Hulle
het nie geweet wat om daarvan te dink nie” (4).
Die twee engele se “reg help” het hulle meer verwar: “Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek” (6).
Kan nie wees nie. Dooies staan nie weer op nie. Toe vra die engele hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?”(5). Met die vraag heroriënteer hulle die vrouens
en vir ons. Sit ‘n ander bril op. Kyk weer. Dink weer…..wat het Jesus voor sy
dood vir julle gesê? Hy het mos vir julle die pad verduidelik: “…gekruisig word, en op die derde dag opstaan..” (7). Julle
het sedert Vrydag ‘n brug tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament
oorgesteek. Die bedeling van die sondeval en dood is verby. Die dood is nek
omgedraai. Julle is nou in ‘n nuwe landskap van vergifnis, vrede, liefde en
ewige lewe. Die nuwe paradys. Alles het nuut geword. In die opgestane Heer het
die koninkryk van God in die gebroke wêreld ingebreek. Glo in Hom en volg Hom,
dan sal julle lewe.
Kom ons heroriënteer onsself in hierdie geknelde land aan die hand van die
Skrif en opstanding. Dan sal die donker en uitsigloosheid verdwyn.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking