DIE UITNODIGING

 

                                    


                                                        DIE UITNODIGING

JES. 55:1-15

Piet, ‘n direkteur van baie maatskappye,  het hom afgesloof en dood gewerk. Saans doodmoeg op sy bed neergeval. Aan geld geen tekort nie. Van geluk en lewens bevrediging geen sprake. 'n Tipiese voorbeeld van die moderne mens wat dink hierdie aarde, met alles wat dit bied, kan  lewens bevrediging bied.

Die ballinge in Babel is 'n voorbeeld van mense wat hulle rug op God gedraai en gedink het hierdie aarde kan lewensgeluk  bied. Babel en ballingskap het nie hulle koppie van geluk gevul nie. Inteendeel. Dit het hulle net meer onbevredig gelaat. Honger en dors.

Nou kom God, die troue Verbondsgod, na sy volk, die volk wat hom vir die afgode verruil het,  en nooi hulle om weer in 'n verbondsverhouding met Hom te kom lewe om lewe in oorvloed (Joh. 10:10) te geniet: Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk (1) Onbegryplik! Genade op genade op genade. Gratis.

Dis 'n dringende uitnodiging. 'n Uitnodiging wat absolute lewens bevrediging waarborg: Gee aandag en kom na My toe, luister, en julle sal lewe (3) Die Kerkvader Augustinus het in sy Confessions geskryf: “Thou hast made us for thyself, and our heart is restless until it finds its rest in thee”. Lewensbevrediging lê in ‘n totale oorgawe aan God.

Jesus nooi die ganse mensdom: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee (Mat. 11:28)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

GEESTELIKE BLINDHEID