GENADE OP GENADE

                                                                 

                                                                    



 

                                                                    TEKS: JOH. 1:1-18

GENADE OP GENADE

As die Karoo vir 9 jaar 'n droogte beleef het en dit begin sonder ophou reën, sal die boere sê: “die Here was ons genadig”. As die veld groen is en die skape nie meer voerplek toe kom nie, sal hulle dankbaar sê: “wat ‘n genade".

Johannes skryf: “Uit sy (God) oorvloed het ons almal genade op genade ontvang (16)” Daarmee verwys hy na die koms van Jesus Christus op aarde. In Hom het God sy gesig kom wys. Maar vers 16 verwys ook na die bedeling van die lig (verlossing) wat aangebreek het. Jesus is die Lig van die wêreld.  Om nie te praat van vergifnis, vryspraak en ewige lewe nie. In Jesus Christus het God ons sy beste kom gee. Sy kosbaarste. In Jesus Christus  het ons alles wat ons nodig het vir die lewe en die toekomstige lewe. ‘n Geskenk wat ons nooit kan verdien of waardig kan wees nie.

In Jesus Christus het God vir geestelik dorstiges ‘n ewige fontein van goedheid en genade kom oopmaak waarin die mens, sonder ophou, kan drink en drink. Vir elke situasie sal daar ‘n oorvloed van genade wees. Of dit nou siekte of dood is, bankrotskap, egskeiding, afhanklikheid, armoede, moedeloosheid of depressie is. Daar sal 'n oorvloed genade wees vir hulle wat vra.

Ongelukkig het die mensdom Jesus nie herken nie. Selfs sy eie volk het hom nie herken nie, maar verwerp en vermoor (10).

Die oorvloedige genade van God plaas ‘n geweldige verantwoordelikheid op die mensdom. Veral die kerk.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID