ONTBLOTING

                                                                 



                                            ONTBLOTING

TEKS: JESAJA 58:1-14

Om nakend ontbloot en uitgevang te word, is uiters vernederend. ‘n Prokureur is uit gevang. Sy vrou het hom en ‘n ander vrou nakend intiem in sy kantoor gekry. Baie mense geniet dit om mekaar se sondes aan die wasgoed lyn te hang.

Die Israeliete, wat terug was uit ballingskap, het gereken hulle is a nation of right-living people – law-abiding, God-honoring (The Message). Hulle het dan voortdurend die Here aanbid en na sy wil gevra.

In Jesaja 58 hou die Here sy spieël voor hulle: julle vas en aanbidding (kerkgang) is nie veel meer is as profyt maak, vuisslaan, baklei en ongenadige arbeidspraktyke nie.

God het hulle nie ontbloot en beskuldig om hulle te verneder en in die grond te trap as nikswerd en nutteloos nie, maar om hulle te genees. Om hulle te bekeer van hulle afgodery, korrupsie en onreg. Daarom wys hulle die pad van genesing en ware vas (kerkgang) aan: Breek die kettings van onreg; stop die misbruik en uitbuiting in die werkplek; bevry die verdruktes; kanselleer alle skuld; deel julle voedsel met die hongeriges; nooi die dakloses in julle huise; klee die naaktes; wees beskikbaar vir julle eie families.

Die Gees van God gebruik, onder andere, die spieël van die Woord om ons te oortuig van sonde en ongeregtigheid. Om ons tot bekering te bring en te genees, want daarin lê ons vryheid, geluk en heil. Ons dwaalweë lê oop en bloot in Sy helder lig!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID