DIE DEUR
JOH
10:1-21
Oop deure gee toegang tot ‘n vertrek, mense, ‘n familie, ‘n maatskappy, ‘n werkplek
en geleenthede. Toe deure hou mense buite. Sonder die kanse en geleenthede
waarna hulle smag.
Herders het destyds hul skape snags in ‘n kraal teen hul huisies gejaag en
die deur gesluit. Die deur was die enigste ingang na binne en buite. In
Johannes 10:7-10 verklaar Jesus: “Ek is die ingang (deur) vir
die skape” (7). Daarmee verwys Hy na die enigste wyse waarop die mens met
God versoen kan word. Die Fariseërs en skrifgeleerdes het allermins daarmee
saam gestem. Hulle het geglo en geleer dat wetsonderhouding die deur na God oop
maak. So het hulle ook hulle lidmate geleer. Eienaardig genoeg is daar vandag
nog mense, kerkmense en gelowiges, wat glo dat jou goeie lewe en werke jou plek
in die hemel sal verseker. Jou goeie werke stoot die hemel deur vir jou oop. Vir
sulke “gelowiges” wag daar ‘n teleurstelling by die eindoordeel: “Ek het julle nooit
geken nie. Gaan weg van My…(Mat. 7:23 OAV).
In die teks kom Jesus en verklaar wie Hy werklik is. Hy maak sy ware identiteit
bekend. Hy is die Deur na die Vaderhuis. Na vergifnis en genade, maar ook die
lewe en die ewigheid. Hy is “the door to life”. Wie Hom in geloof aanvaar, het
die lewe…die ewige lewe. ‘n Lewe in oorvloed. Wie Hom nie in geloof aanvaar nie,
staan voor ‘n toe deur (Mat 7:23) en die ewige dood.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking