INTEGRITEIT
INTEGRITEIT
MAT 26:31-35
Integriteit raak ‘n al groter probleem in die wêreld. Die geloofwaardigheid van regerings, politici, ekonome, opvoeders, geestelikes, ouers, gelowiges, noem maar op, raak al hoe meer verdag. Die vraag op baie se lippe is: Kan ek hom/haar vertrou? Is hy/sy nie ‘n leuenaar nie? Selfs die integriteit van die kerk is erg in gedrang.
Toe Jesus die aand voor sy verhoor en sterwe vir sy dissipels gewaarsku het dat hulle almal hom in die steek sal laat en verloën, het Petrus vol bravade gesê: Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie (33). Enkele ure later het hy Jesus verloën: Ek ken die man nie! (72). En so al die dissipels. Petrus se belydenis (33) en sy daad (72) het nie geklop nie. Integriteit gaan juis daaroor dat woord en daad klop. Ooreenstem. Een geheel vorm.
Jesus se integriteit is bewys. Hy het sy dissipels gewaarsku dat hulle hom gaan verloën en dit het gebeur. Maar God se integriteit lê veel dieper. Sy Woord en daad stem altyd ooreen. Wat Hy beloof, gebeur. Hy maak nie leë beloftes nie. Die hele Ou Testament vertel die verhaal van ‘n Messias wat gebore sou word. Jesus is die Messias. Die Verlosser van die wêreld. Jesus het verlossings pad uitgespel en die pad enduit geloop tot in die dood. Was dit nie vir die integriteit van Jesus Christus nie het die mensdom in sonde gesterf en in die ewige verdoemenis beland..
Opmerkings
Plaas 'n opmerking