LASARUS STAAN OP UIT DIE DOOD
TEKS: JOHANNES 11:33-44
Lasarus se dood het
Maria en Martha, sy susters, diep ontstel en bedroef. Die dood het hom agter ‘n
groot klip in ‘n graf kelder weggebêre. Nog ‘n dooie by die dooies. Oor en uit.
Finaal. Niemand staan uit die graf op nie. So het hulle gedink en geredeneer. Baie
mense redeneer vandag steeds so. Jesus se versekering dat Lasarus uit die dood
sal opstaan (23), het geen troos gebied nie.
Toe die susters en al
die Jode by die graf kelder staan en Jesus Lasarus beveel om uit te kom, het
die lewe die dood ingesluk! Lasarus het op Jesus se bevel (Kom uit!) reageer en uit die grafkelder gestap! Mens kan jou die omstanders se ongeloof en
verwondering voorstel. Sopas het hulle ‘n ondenkbare wonder aanskou: ‘n dooie
leef weer!
Lasarus se opwekking was
’n profetiese heenwysing na Jesus se opwekking uit die dood. Die krag van God
is op onbegryplike wyse geopenbaar. Jesus het demonstreer dat hy die Opstanding
en die Lewe is (11:25). Hy is die Woord wat steeds voort eggo en geestelike
dooies uit hul grafkelders roep: Ontwaak jy wat slaap en staan op uit die
dood! Wie in Hom glo het reeds uit ‘n sonde dood in ‘n nuwe lewe opgestaan
(11:25).
Elkeen van wat glo, deel
in die geskenk van die ware (ewige) lewe.
Dié lewe breek reeds hier en nou aan, selfs al moet ons nog
sterwe. Paulus slaan die spyker op sy kop: Die dood is
verslind in die oorwinning (1 Kor. 15:54).
Opmerkings
Plaas 'n opmerking