UITGESTREKTE ARMS

 



HANDE UITSTEEK

Jes 65:2

Jan het alles probeer om sy opstandige seun se guns te wen om hom terug huistoe te laat kom, maar verniet. Hy het volstrek geweier en wou niks met sy pa te doen hê nie.

In Jes 65:2 staan daar: Ek het gedurig my hande uitgesteek na ‘n opstandige volk wat ‘n pad geloop het wat nie goed is nie, wat hulle eie kop gevolg het. Wat ‘n wonderlike beeld: hande uitsteek. Gedurig hande uitsteek. Sonder ophou. Kan daar ‘n mooier prentjie wees as ‘n liefdevolle pa wat sy hande uitsteek vir sy huilende seuntjie om hom te omhels en te troos? Jes 65:2 verwys na so ‘n liefdevolle Vader. ‘n God wat sy ongehoorsame volk steeds lief het en hulle tot inkeer wil bring. Sy volk wat afgode gedien en hulle steeds as vroom voordoen. 

God het sy hande voortdurend na daardie ongehoorsame volk uitgesteek. Hulle het egter hardkoppig in sonde volhard.  

Die onbegryplike van God se genade is dat hy dag na dag steeds sy hande van liefde na ‘n verlore wêreld uitsteek, terwyl die mensdom afsydig teenoor Hom staan en op hulle eie doodloop weë volhard. In die kruisiging van Jesus Christus het die wêreld duidelik aanskou hoe God sy hande van liefde na ‘n verlore wêreld uitsteek. Om hulle al Sy liefde en genade aan te bied. Vergifnis en vrede. ‘n Lewe in oorvloed. 

Die uitgsteekte hande van God word steeds vermy. Selfs “gelowiges” draai die rug op Hom.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID