UITNODIGING TOT DIE LEWE
TEKS: JOH. 15:1-8
Die lewe bied baie uitnodigings: “Vlieg saam Mauritius toe vir ‘n kort
vakansie”; “Kom jag op my Karoo plaas”; “Kom braai vanaand by ons”. Lekker. Het
jy al ‘n uitnodiging tot die lewe …ewige lewe…gekry? Sulke uitnodigings bestaan
nie.
Joh. 15:1-8 is ‘n uitnodiging tot die lewe. Ewige lewe. Lewe in oorvloed.
Kwaliteit lewe. Onoortreflike lewe. Die Wingerdboer nooi my en jou: lewe. Bly
in My. Leef naby My, uit My vergifnis en genade, gehoorsaam, diep afhanklik van
My. Soos die wingerdloot net die lewens sap kan kry as hy in die stam gevestig
is, so ek en jy as ons in die Wingerdstok bly. Die Wingerdboer nooi jou:
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer
(1) Julle
moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie
aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie (4) Wie in My bly en Ek
in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie (5)
‘n Mauritius vakansie bied nie ware lewe nie. Ook nie ‘n braai of ‘n jag op
‘n Karoo plaas nie. Jesus bied ware lewe. Hy is immers die
opstanding en die lewe; wie in hom (My) glo, sal
lewe al het hy ook gesterwe (Joh. 11:25). Buite hom is daar nie lewe. Al
het jy al die skatte wat hierdie wêreld kan bied.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking