Plasings

Wys tans plasings vanaf April, 2023

NIKS STUIT DIE EVANGELIE NIE

Prent
  HAND. 5:17-42 Kommunistiese Rusland en China probeer steeds om die blye boodskap (evangelie) te stuit en te smoor.  Gelowiges word in tronke gegooi en gemartel. Die kerklui (Joodse Raad) in Jerusalem het ook die boodskap van die opstanding probeer smoor en stilmaak. Die getuigende apostels is in die tronk gegooi en verbied om verder oor Jesus te praat en te getuig. ‘n Engel van die Here het in die middel van die nag die tronkdeure oopgestoot en die apostels uit gelei. Groot was die verbasing toe die apostels se sel die volgende oggend leeg en gesluit was met die wagte aan diens. Die “tronkvoëls” was terug in die sinagoge besig om oor die opgestane Here te getuig Die opgestane Here het sy  “droster” apostels met sy Gees vervul en bemagtig. Hulle het soos ‘n kastrol oorgekook van die Here en sy genade. Hulle het vreesloos getuig. Die evangelie moes uitgedra word. Alle mense moet dit hoor. Die Joodse Raad (kerk leiers) kon nie hulle monde snoer nie. Hoe meer die Ru...

DIE OPSTANDING BRING NUWE HOOP EN VERWAGTING

Prent
Teks: Lukas 24:1-12 Ons beland soms in situasies waarin ons nie mooi kan onderskei wat aangaan nie. Dit is vreemd, verwarrend en vreesaanjaend. Ons voel magteloos. Die vrouens wat Jesus se lyk wou gaan “balsem” was in so ‘n situasie. Die graf was leeg en die lyk weg. Onbegryplik. Onverstaanbaar: “ Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie ” (4). Die twee engele se “reg help” het hulle meer verwar: “ Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek ” (6). Kan nie wees nie. Dooies staan nie weer op nie. Toe vra die engele hulle: “ Waarom soek julle die Lewende by die dooies? ”(5).  Met die vraag heroriënteer hulle die vrouens en vir ons. Sit ‘n ander bril op. Kyk weer. Dink weer…..wat het Jesus voor sy dood vir julle gesê? Hy het mos vir julle die pad verduidelik: “… gekruisig word, en op die derde dag opstaan ..” (7). Julle het sedert Vrydag ‘n brug tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament oorgesteek. Die bedeling van die sondeval en dood is verby. Die dood is nek omgedraai...

OPSTANDING

Prent
  OPSTANDING Teks: Joh. 20:1-10 Ons het weer die opstanding van Jesus Christus gevier. Sy opstanding bly vir miljoene mense, ook gelowiges, ‘n raaisel. Selfs sy dissipels het dit aanvanklik nie verstaan nie. Die doeke in die graf het egter die storie vertel: Jesus het opgestaan en leef. Wat beteken die opstanding van Jesus werklik? Prof. N.T. Wright, internasionaal bekende Nuwe Testamentikus, verstaan dit as ‘n nuwe skepping . Die eerste skepping (Gen. 1) het misluk. Die mens het teen God gekies en die mensdom het ontaard. Broer het broer dood geslaan (Gen. 4) en God was bedroef dat hy die mens gemaak het (Gen. 6). HY het nie toegelaat dat die sonde en boosheid sy heilsplan met die wêreld laat ontspoor nie. In Jesus se opstanding begin hy met ‘n nuwe skepping. Die opgestane Jesus is die eerste openbaring van die nuwe skepping. In Hom het ‘n nuwe orde op aarde (vgl. Kol. 3:12-17). aangebreek. Drieduisend kom tot bekering (Hand. 2). Droster dissipels getuig met groot vrymoedigh...