NIKS STUIT DIE EVANGELIE NIE


 

HAND. 5:17-42

Kommunistiese Rusland en China probeer steeds om die blye boodskap (evangelie) te stuit en te smoor.  Gelowiges word in tronke gegooi en gemartel. Die kerklui (Joodse Raad) in Jerusalem het ook die boodskap van die opstanding probeer smoor en stilmaak. Die getuigende apostels is in die tronk gegooi en verbied om verder oor Jesus te praat en te getuig. ‘n Engel van die Here het in die middel van die nag die tronkdeure oopgestoot en die apostels uit gelei. Groot was die verbasing toe die apostels se sel die volgende oggend leeg en gesluit was met die wagte aan diens. Die “tronkvoëls” was terug in die sinagoge besig om oor die opgestane Here te getuig

Die opgestane Here het sy  “droster” apostels met sy Gees vervul en bemagtig. Hulle het soos ‘n kastrol oorgekook van die Here en sy genade. Hulle het vreesloos getuig. Die evangelie moes uitgedra word. Alle mense moet dit hoor. Die Joodse Raad (kerk leiers) kon nie hulle monde snoer nie.

Hoe meer die Russe en Chinese die evangelie probeer onderdruk en smoor het, hoe meer het  die ondergrondse kerk gedy en floreer.  Die opstandings evangelie het soos ‘n vulkaan uit gebars.  Die pyn en lyding van tronke en straf kampe het nie die christene se monde gesnoer nie. Hulle het, inteendeel, voort gegaan om van Christus te getuig. Meer en meer mense het geglo en tot redding gekom.

Niemand of niks stuit die evangelie van Jesus Christus nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

DIE UITNODIGING

GEESTELIKE BLINDHEID