OPSTANDING
Teks:
Joh. 20:1-10
Ons het weer die opstanding
van Jesus Christus gevier. Sy opstanding bly vir miljoene mense, ook gelowiges,
‘n raaisel. Selfs sy dissipels het dit aanvanklik nie verstaan nie. Die doeke in
die graf het egter die storie vertel: Jesus het opgestaan en leef.
Wat beteken die opstanding
van Jesus werklik? Prof. N.T. Wright, internasionaal bekende Nuwe
Testamentikus, verstaan dit as ‘n nuwe skepping. Die eerste skepping
(Gen. 1) het misluk. Die mens het teen God gekies en die mensdom het ontaard. Broer
het broer dood geslaan (Gen. 4) en God was bedroef dat hy die mens gemaak het (Gen.
6). HY het nie toegelaat dat die sonde en boosheid sy heilsplan met die wêreld laat
ontspoor nie. In Jesus se opstanding begin hy met ‘n nuwe skepping. Die opgestane
Jesus is die eerste openbaring van die nuwe skepping. In Hom het ‘n nuwe orde
op aarde (vgl. Kol. 3:12-17). aangebreek. Drieduisend kom tot bekering (Hand.
2). Droster dissipels getuig met groot vrymoedigheid van Sy opstanding. Broers
slaan nie meer mekaar dood (Gen.4) nie,
maar dien en versorg mekaar: Al die gelowiges was
eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings
verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte
(Hand. 2:44-45). Daarom dat Paulus in 2
Kor 5:17 skryf: Iemand wat aan Christus behoort, is 'n
nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.
Deur die nuwe mens (gelowiges)
herskep die Gees die huwelik en alle verhoudinge. So breek die koninkryk van
God (heerskappy) dag na dag in hierdie gebroke wêreld in.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking