Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2023
Prent
                                                                                                                               BROOD UIT DIE HEMEL TEKS: JOHANNES 6:22-40 Wat is lekkerder as vars brood uit die oond? Sonder brood (kos) kan geen mens leef nie. Daarvoor moet hy hard gewerk. Niemand anders sal vir hom sorg nie! Tydens die uittog uit Egipte het die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn getrek. Hulle moes brood (kos) hê om te oorleef. Anders as in Egipte, was hulle totaal en al van God se sorg afhanklik, want daar was geen bakhuise, KFC’s, Spars en Pick-and-Pay’s nie. Getrou aan Sy verbond het Go...
Prent
                                                                        HULP VAN DIE HULPELOSES TEKS: PSALM 10 Om op die oop see op ‘n stuk plank rond te dryf sonder enige hulp in sig, is vreesaanjaend. Geen mens begeer so ‘n situasie van hulpeloos- en magteloosheid nie. Ons lewens bootjie beland dikwels in stormwaters wat dreig om dit te laat kantel. Die psalmis het hom in so ‘n situasie van hulpeloos- en magteloosheid bevind. Uitgelewer aan die brutaliteit en geweld van goddelose mense, wat hom wou vermoor en sy besittings afvat. Selfvoldane, hoogmoedige mense wat oorloop van selfvoldaanheid en selfversekerdheid. Leuenaars en bedrieërs wat nie huiwer om moord te pleeg om hulle doel te bereik. Goddeloses wat nie gedink het God sal van hulle rekenskap vra of hulle tot v...

DIE OORSTEEK VAN GRENSE MAAK 'N VERSKIL (JOH. 4)

Prent
DIE OORSTEEK VAN GRENSE MAAK ‘N VERSKIL (Joh. 4:1-26) Sonder vrouens kan geen samelewing funksioneer nie. Ongelukkig speel die vrou in baie samelewings steeds tweede viool. Ons land, met sy oorwegend swart bevolking, is geen uit uitsondering nie. Die lengte en breedte van Suid-Afrika is besaai met stukkende, vernederde, verstote, gebruikte, geskeide, vernielde en verwaarloosde vrouens. In Samaria het daar ook 'n vertrapte vrou gewoon. Sy was al drie maal getroud. Drie maal is sy die deur gewys en vir die wolwe gegooi. Die maksimum wat 'n vrou kon trou. Vrouens is nie in die ekonomiese sektor toegelaat en was afhanklik van die guns van 'n ontfermings engel. Sy het waarskynlik saam met 'n tweede man gewoon, wat haar net misbruik het. Haar menswaardigheid is vertrap. Jesus het die grens oorgesteek en kortpad deur Samaria gevat. 'n Pad wat geen Jood gebruik het nie vanweë hulle haat vir die Samaritane, wat 'n mix breed was. By die put steek die moeë en dorstig...

DIE TROUE EN ALMAGTIGE SKEPPERGOD

Prent
                                          DIE TROUE EN ALMAGTIGE SKEPPERGOD Droogte, onvrugbaarheid en swak oeste is oor die eeue dikwels met die afwesigheid en onttrekking van die gode geassosieer. Veral in die heiden godsdienste van die Ou Nabye Ooste. Die Baäl aanbidders het droogte en onvrugbaarheid as die afwesigheid van Baäl beleef. Dié heidense “geloof” moes groot impak op die ballinge in Babel se wankelende geloof gehad het. Hierdie “geloof” en oortuiging bestaan steeds in sekere landboukringe. Droogte en onvrugbaarheid word deur baie gelowige boere as ‘n teken van God se afwesigheid en onbetrokkenheid beleef. ‘n Aanduiding dat Hy nie meer in beheer van die skepping en natuur is nie. Die kosmiese beelde in Jesaja 41:17-21 is ‘n troos dat God honderd present in beheer van sy skepping is. Hy laat nooit die werke van sy hande vaar nie. Hy omskep kaal berg...

DIE WAARBORG VAN DIE WAARHEID

Prent
 

MôRE EN OORMôRE

Prent