Plasings

GRENSLOSE LIEFDE

Prent
  Psalm136 Behalwe dat menslike liefde in ‘n moderne, materialistiese samelewing beperk is tot tyd, ruimte en plek is dit ook gemeng met selfsug en self gerigtheid. I Korintiërs 13 wys al die donker vlekke van liefdeloosheid uit. Liefde kan ook saamgaan met soveel verkeerde motiewe en dekmantels. Die koek vir die buurvrou kan na welwillendheid lyk, maar eintlik is dit ‘n gespog met jou bak vermoë. Die stomende jeug liefde gaan nie oor die “geliefde” nie, maar eie wellus. Die digter van Ps. 136 besing die liefde van God. ‘n Liefde wat in skrille kontras met die van die mens staan. Die refrein, “ Aan Sy liefde is daar geen einde nie ”, wat waarskynlik deur die gemeente gesing is, word 26 maal herhaal. God se liefde is grensloos en strek oor al vyf kontinente. Dit is eindeloos en nie gebonde aan ruimte en tyd nie. Sy liefde omvat alle horisonne sover as die ooste en weste, die noorde en suide, maar ook alle volke en nasies. God se verlossingsplan sluit immers geen mens uit nie. Hy...

Poort

Prent
 

NIKS STUIT DIE EVANGELIE NIE

Prent
  HAND. 5:17-42 Kommunistiese Rusland en China probeer steeds om die blye boodskap (evangelie) te stuit en te smoor.  Gelowiges word in tronke gegooi en gemartel. Die kerklui (Joodse Raad) in Jerusalem het ook die boodskap van die opstanding probeer smoor en stilmaak. Die getuigende apostels is in die tronk gegooi en verbied om verder oor Jesus te praat en te getuig. ‘n Engel van die Here het in die middel van die nag die tronkdeure oopgestoot en die apostels uit gelei. Groot was die verbasing toe die apostels se sel die volgende oggend leeg en gesluit was met die wagte aan diens. Die “tronkvoëls” was terug in die sinagoge besig om oor die opgestane Here te getuig Die opgestane Here het sy  “droster” apostels met sy Gees vervul en bemagtig. Hulle het soos ‘n kastrol oorgekook van die Here en sy genade. Hulle het vreesloos getuig. Die evangelie moes uitgedra word. Alle mense moet dit hoor. Die Joodse Raad (kerk leiers) kon nie hulle monde snoer nie. Hoe meer die Ru...

DIE OPSTANDING BRING NUWE HOOP EN VERWAGTING

Prent
Teks: Lukas 24:1-12 Ons beland soms in situasies waarin ons nie mooi kan onderskei wat aangaan nie. Dit is vreemd, verwarrend en vreesaanjaend. Ons voel magteloos. Die vrouens wat Jesus se lyk wou gaan “balsem” was in so ‘n situasie. Die graf was leeg en die lyk weg. Onbegryplik. Onverstaanbaar: “ Hulle het nie geweet wat om daarvan te dink nie ” (4). Die twee engele se “reg help” het hulle meer verwar: “ Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek ” (6). Kan nie wees nie. Dooies staan nie weer op nie. Toe vra die engele hulle: “ Waarom soek julle die Lewende by die dooies? ”(5).  Met die vraag heroriënteer hulle die vrouens en vir ons. Sit ‘n ander bril op. Kyk weer. Dink weer…..wat het Jesus voor sy dood vir julle gesê? Hy het mos vir julle die pad verduidelik: “… gekruisig word, en op die derde dag opstaan ..” (7). Julle het sedert Vrydag ‘n brug tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament oorgesteek. Die bedeling van die sondeval en dood is verby. Die dood is nek omgedraai...

OPSTANDING

Prent
  OPSTANDING Teks: Joh. 20:1-10 Ons het weer die opstanding van Jesus Christus gevier. Sy opstanding bly vir miljoene mense, ook gelowiges, ‘n raaisel. Selfs sy dissipels het dit aanvanklik nie verstaan nie. Die doeke in die graf het egter die storie vertel: Jesus het opgestaan en leef. Wat beteken die opstanding van Jesus werklik? Prof. N.T. Wright, internasionaal bekende Nuwe Testamentikus, verstaan dit as ‘n nuwe skepping . Die eerste skepping (Gen. 1) het misluk. Die mens het teen God gekies en die mensdom het ontaard. Broer het broer dood geslaan (Gen. 4) en God was bedroef dat hy die mens gemaak het (Gen. 6). HY het nie toegelaat dat die sonde en boosheid sy heilsplan met die wêreld laat ontspoor nie. In Jesus se opstanding begin hy met ‘n nuwe skepping. Die opgestane Jesus is die eerste openbaring van die nuwe skepping. In Hom het ‘n nuwe orde op aarde (vgl. Kol. 3:12-17). aangebreek. Drieduisend kom tot bekering (Hand. 2). Droster dissipels getuig met groot vrymoedigh...

UITNODIGING TOT DIE LEWE

Prent
TEKS: JOH. 15:1-8 Die lewe bied baie uitnodigings: “Vlieg saam Mauritius toe vir ‘n kort vakansie”; “Kom jag op my Karoo plaas”; “Kom braai vanaand by ons”. Lekker. Het jy al ‘n uitnodiging tot die lewe …ewige lewe…gekry? Sulke uitnodigings bestaan nie. Joh. 15:1-8 is ‘n uitnodiging tot die lewe. Ewige lewe. Lewe in oorvloed. Kwaliteit lewe. Onoortreflike lewe. Die Wingerdboer nooi my en jou: lewe. Bly in My. Leef naby My, uit My vergifnis en genade, gehoorsaam, diep afhanklik van My. Soos die wingerdloot net die lewens sap kan kry as hy in die stam gevestig is, so ek en jy as ons in die Wingerdstok bly. Die Wingerdboer nooi jou: “ Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer (1)  Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie (4)  Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie (5) ‘n Mauritius vakansie bied nie wa...

LASARUS STAAN OP UIT DIE DOOD

Prent
                                          TEKS: JOHANNES 11:33-44   Lasarus se dood het Maria en Martha, sy susters, diep ontstel en bedroef. Die dood het hom agter ‘n groot klip in ‘n graf kelder weggebêre. Nog ‘n dooie by die dooies. Oor en uit. Finaal. Niemand staan uit die graf op nie. So het hulle gedink en geredeneer. Baie mense redeneer vandag steeds so. Jesus se versekering dat Lasarus uit die dood sal opstaan (23), het geen troos gebied nie.   Toe die susters en al die Jode by die graf kelder staan en Jesus Lasarus beveel om uit te kom, het die lewe die dood ingesluk! Lasarus het op Jesus se bevel ( Kom uit !) reageer en uit die grafkelder gestap!  Mens kan jou die omstanders se ongeloof en verwondering voorstel. Sopas het hulle ‘n ondenkbare wonder aanskou: ‘n dooie leef weer!   Lasarus se opwekking was ’n profetiese heenw...