Plasings

IN DIE STEEK LAAT

Prent
  IN DIE STEEK LAAT Mat. 26:31-35 Wat kan pynliker wees as 'n man wat sy swanger meisie in die steek laat: Dit is nie my kind nie. Ons paaie skei hier. Jammer . Sulke woorde laat diep wonde.  In die nag voor Sy verhoor en kruisiging het Jesus sy dissipels gewaarsku: Julle almal sal My vannag nog in die steek laat (31). Vol bravade het Petrus verklaar: Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie (33). Enkele ure later is Jesus se waarskuwing bewaarheid: Ek ken die man nie! (72). Die ander dissipels het saam met Petrus die hase pad gekies en Jesus verraai. By die eindoordeel sal Jesus vir baie "gelowiges" sê: Ek ken jou nie.  Getrou aan sy roeping het Jesus  alleen die kruisweg met al die spot, pyn, vernedering en veragting geloop. Hy het nie terug gedeins vir die kruishout en marteling nie. As vervloekte het Hy buite die stadsmure tussen twee moordenaars gehang. Hy het nie die sondige mensdom aan hulle lot oorgelaat nie en het d...

ONTBLOTING

Prent
                                                                                                                                         ONTBLOTING TEKS: JESAJA 58:1-14 Om nakend ontbloot en uitgevang te word, is uiters vernederend. ‘n Prokureur is uit gevang. Sy vrou het hom en ‘n ander vrou nakend intiem in sy kantoor gekry. Baie mense geniet dit om mekaar se sondes aan die wasgoed lyn te hang. Die Israeliete, wat terug was uit ballingskap, het gereken hulle is a nation of right-living people – law-abiding, God-honoring ( The Message ) . Hulle het dan voortdurend die Here aan...
Prent
  INSLUITING Jes. 56:1-8 Uitsluiting van sekere mense en groepe het 'n eeue oue geskiedenis. Selfs kerklik. Soort soek soort. Die rykes meng nie met die armes nie en anders om. Taal en kultuur verskille het altyd uitsluiting tot gevolg. Suid-Afrika het 'n lang geskiedenis daarvan. Eunugs of ontmandes het onder die getel wat uitgesluit is: Iemand wie se geslagsorgane verbrysel is of iemand wat ontman is, mag nie lid van die gemeente van die Here wees nie (Deut. 23:1). ’n Eunug is ’n persoon (gewoonlik ’n man) waarvan die testis, en soms ook die penis en skrotum, vernietig of verwyder is. Dit lei tot steriliteit en tot onderskeie grade van impotensie en verlies aan geslagsdrang.  Ontmanning was baie vernederend. Die gemeenskap het hulle verwerp.  In Jes. 56:4 sê die Here: Aan die ontmandes wat my sabbatte onderhou, wat kies vir wat Ek wil, en wat lewe volgens my verbond, aan hulle sal Ek in my tempel en aan sy mure 'n teken gee, 'n erenaam wat beter is as seuns en dogter...

DIE UITNODIGING

Prent
                                                                                                                     DIE UITNODIGING JES. 55:1-15 Piet, ‘n direkteur van baie maatskappye,  het hom afgesloof en dood gewerk. Saans doodmoeg op sy bed neergeval. Aan geld geen tekort nie. Van geluk en lewens bevrediging geen sprake. 'n Tipiese voorbeeld van die moderne mens wat dink hierdie aarde, met alles wat dit bied, kan  lewens bevrediging bied. Die ballinge in Babel is 'n voorbeeld van mense wat hulle rug op God gedraai en gedink het hierdie aarde kan lewensgeluk  bied. Babel en ballingskap het nie hulle koppie van geluk g...

LAM VAN GOD

Prent
LAM VAN GOD Joh. 1:29-34 'n Mooi Karoo lam is sappig en begeerlik, maar sy leeftyd is kort. Met geboorte staan hy byna voor die slagpale. Bestem om geslag, verkoop en geëet te word. Lamtjops op die kole is smaaklik, maar die voedingswaarde is tydelik. In Bybelse tyd is lammers week na week geoffer as versoening vir die volk se sonde. God het die offerlam voorsien om in Isak se plek geoffer te word. As Jesus by die Jordaan rivier aankom waar Johannes die Doper besig was om te doop, roep hy uit:  Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!  (29). Die Lam het net 33 jaar op aarde geleef. Gebore om vroeg te sterwe vir die sonde van die mensdom. Om, anders as lamsvleis, ewige spyse te word. Spyse wat ware lewe gee, ewige lewe. Lewe wat nooit ophou nie. Vergifnis en versoening. Lewe wat die dood nie kan verorber nie. Die verwydering tussen God en mens deur die sondeval kan nie deur 'n Karoo lam as offer weg geneem word nie. God moes die Lam verskaf wat die ...

DIE OOGSPESIALIS

Prent
                                                                                                                             DIE OOGSPESIALIS TEKS: JOH. 1:43-51 Om te kan sien is ‘n wonderlik voorreg. Sowat 253 miljoen mense in die wêreld is blind. Mediese tegnologie het die behandeling van gesig probleme gerevolusioneer. Om te kan sien, beteken egter nie dat jy werklik kan sien nie. Meeste mense meen hulle kan goed sien as alles rondom hulle  duidelik sigbaar en onderskeibaar is. Natanael het ook gedink hy kan sien. Daarom dat hy vir Filippus gesê het: “ Kan daar uit ...

GENADE OP GENADE

Prent
                                                                                                                                                                                                                                                          ...