Plasings

DIE DEUR

Prent
                                                                                       JOH 10:1-21 Oop deure gee toegang tot ‘n vertrek, mense, ‘n familie, ‘n maatskappy, ‘n werkplek en geleenthede. Toe deure hou mense buite. Sonder die kanse en geleenthede waarna hulle smag. Herders het destyds hul skape snags in ‘n kraal teen hul huisies gejaag en die deur gesluit. Die deur was die enigste ingang na binne en buite. In Johannes 10:7-10 verklaar Jesus: “ Ek is die ingang (deur) vir die skape ” (7). Daarmee verwys Hy na die enigste wyse waarop die mens met God versoen kan word. Die Fariseërs en skrifgeleerdes het allermins daarmee saam gestem. Hulle het geglo en geleer dat wetsonderhouding die deur na God oop maak. So het hull...

DIE GOEIE HERDER

Prent
  DIE GOEIE HERDER                                                 TEKS: JOH. 10:1-12 Ons beleef baie onsekere tye in Suid-Afrika. In miljoene harte leef die vraag: Wat lê vir ons voor? ’n Totale “blackout” en chaos? Is daar nog ‘n toekoms vir ons in die land? Gaan die wiele afval? Die diepste vraag is: Gaan ons versorg wees?  Die Israeliete het ook hulle onsekere  tye, veral in die ballingskap, beleef. In hul onsekere tye het hulle meestal hulle troos in die herders beeld vir God gevind. Dié beeld verwys na God se nabyheid, sorg en beskerming. Sy sorg het destyds meestal oor die materiële en die fisiese gegaan. Die ete, drinke en veiligheid. God het hom in Jesus Christus as die goeie Herder openbaar: Ek is die goeie herder (11). Die Herder sorg nie net vir die tydelike…die aardse groen weivelde en die water nie, maar ook die ewi...

GEESTELIKE BLINDHEID

Prent
  GEESTELIKE BLINDHEID TEKS: JOHANNES 9 Fisiese blindheid is erg. Geestelike blindheid ‘n ramp. Jy is soos ‘n dorstige in die woestyn vyf tree van die oase, maar jy weet dit nie! Die Fariseërs in Joh. 9 was so blind dat hulle net hulle reëlboek (Wet v Moses) gesien het. Nie die man in nood of vir Jesus nie. Van barmhartigheid, waarvoor geestelikes en die kerk bekend moet wees, was daar nie sprake nie. Hulle het Jesus selfs as ‘n sondaar en bedreiging vir hul gesag beskou! Dit is nogal ‘n kwade dag as die geestelikes en die kerk, wat die stad op ‘n berg moet wees, self nie die lig het nie. Die kerk het ‘n donker geskiedenis van geestelike blindheid wat sy geloofwaardigheid en impak steeds erg knou. Dink maar net aan die periode 1948-1994 in SA. Die kerk was tjoepstil, terwyl miljoene se menswaardigheid vertrap is. Met blindheid geslaan deur nasionalisme en die apartheidsideologie. Die Pouslike land grab dekreet van die 12de eeue het Rooms Katolieke lande se hande met bloed bevlek in...

BLINDE SIEN

Prent
  BLINDE SIEN JOHANNES 9 Gestel jy woon in ou Jerusalem en jy is blind. Daar is niemand om jou te help nie. Jou voel-voel kierie is jou gids. Daarmee vind jy jou weg deur die strate elke dag. Tot waar jy sit en bedel. En tot waar jy woon.  Joh 9 vertel die verhaal van so ‘n blinde bedelaar. Hy is van geboorte af blind. Almal wonder watter sonde het sy sig probleem veroorsaak. Sy leefwêreld is beperk tot sy gehoor en die geluide om hom. Hy is afhanklik van sy medemens se gunste en gawes. Op ‘n sekere sabbatdag kom Jesus en sy dissipels op hom af. Soos die Fariseërs sien die dissipels nie die mens in nood raak nie, maar soek die rede vir sy blindheid. Jesus sien egter die blinde bedelaar in sy nood aan. Daarom ontferm Hy hom oor hom. Hy maak ‘n bietjie klei aan en smeer dit aan die blinde man se oë. Toe beveel Jesus hom om sy oë in die Siloambad te gaan was. Voel-voel vind hy sy weg na die bad en wonder wie is die Man wat klei aan sy oë gesmeer het. By die bad buk hy en was die ...

UITGESTREKTE ARMS

Prent
  HANDE UITSTEEK Jes 65:2 Jan het alles probeer om sy opstandige seun se guns te wen om hom terug huistoe te laat kom, maar verniet. Hy het volstrek geweier en wou niks met sy pa te doen hê nie. In Jes 65:2 staan daar: Ek het gedurig my hande uitgesteek na ‘n opstandige volk wat ‘n pad geloop het wat nie goed is nie, wat hulle eie kop gevolg het. Wat ‘n wonderlike beeld: hande uitsteek. Gedurig hande uitsteek. Sonder ophou. Kan daar ‘n mooier prentjie wees as ‘n liefdevolle pa wat sy hande uitsteek vir sy huilende seuntjie om hom te omhels en te troos? Jes 65:2 verwys na so ‘n liefdevolle Vader. ‘n God wat sy ongehoorsame volk steeds lief het en hulle tot inkeer wil bring. Sy volk wat afgode gedien en hulle steeds as vroom voordoen.  God het sy hande voortdurend na daardie ongehoorsame volk uitgesteek. Hulle het egter hardkoppig in sonde volhard.   Die onbegryplike van God se genade is dat hy dag na dag steeds sy hande van liefde na ‘n verlore wêreld uitsteek, terwyl...

INTEGRITEIT

Prent
  INTEGRITEIT MAT 26:31-35 Integriteit raak ‘n al groter probleem in die wêreld. Die geloofwaardigheid van regerings, politici, ekonome, opvoeders, geestelikes, ouers, gelowiges, noem maar op, raak al hoe meer verdag. Die vraag op baie se lippe is: Kan ek hom/haar vertrou? Is hy/sy nie ‘n leuenaar nie? Selfs die integriteit van die kerk is erg in gedrang. Toe Jesus die aand voor sy verhoor en sterwe vir sy dissipels gewaarsku het dat hulle almal hom in die steek sal laat en verloën, het Petrus vol bravade gesê: Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie (33). Enkele ure later het hy Jesus verloën: Ek ken die man nie! (72). En so al die dissipels. Petrus se belydenis (33) en sy daad (72) het nie geklop nie. Integriteit gaan juis daaroor dat woord en daad klop. Ooreenstem. Een geheel vorm.  Jesus se integriteit is bewys. Hy het sy dissipels gewaarsku dat hulle hom gaan verloën en dit het gebeur. Maar God se integriteit lê veel dieper. Sy Woo...

IN DIE STEEK LAAT

Prent
  IN DIE STEEK LAAT Mat. 26:31-35 Wat kan pynliker wees as 'n man wat sy swanger meisie in die steek laat: Dit is nie my kind nie. Ons paaie skei hier. Jammer . Sulke woorde laat diep wonde.  In die nag voor Sy verhoor en kruisiging het Jesus sy dissipels gewaarsku: Julle almal sal My vannag nog in die steek laat (31). Vol bravade het Petrus verklaar: Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie (33). Enkele ure later is Jesus se waarskuwing bewaarheid: Ek ken die man nie! (72). Die ander dissipels het saam met Petrus die hase pad gekies en Jesus verraai. By die eindoordeel sal Jesus vir baie "gelowiges" sê: Ek ken jou nie.  Getrou aan sy roeping het Jesus  alleen die kruisweg met al die spot, pyn, vernedering en veragting geloop. Hy het nie terug gedeins vir die kruishout en marteling nie. As vervloekte het Hy buite die stadsmure tussen twee moordenaars gehang. Hy het nie die sondige mensdom aan hulle lot oorgelaat nie en het d...