UITNODIGING TOT DIE LEWE

TEKS: JOH. 15:1-8 Die lewe bied baie uitnodigings: “Vlieg saam Mauritius toe vir ‘n kort vakansie”; “Kom jag op my Karoo plaas”; “Kom braai vanaand by ons”. Lekker. Het jy al ‘n uitnodiging tot die lewe …ewige lewe…gekry? Sulke uitnodigings bestaan nie. Joh. 15:1-8 is ‘n uitnodiging tot die lewe. Ewige lewe. Lewe in oorvloed. Kwaliteit lewe. Onoortreflike lewe. Die Wingerdboer nooi my en jou: lewe. Bly in My. Leef naby My, uit My vergifnis en genade, gehoorsaam, diep afhanklik van My. Soos die wingerdloot net die lewens sap kan kry as hy in die stam gevestig is, so ek en jy as ons in die Wingerdstok bly. Die Wingerdboer nooi jou: “ Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer (1) Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie (4) Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie (5) ‘n Mauritius vakansie bied nie wa...